Vasbyt Smousery
Goeie kos wat lank hou. Trots Suid-Afrikaans.

Goeie kos wat lank hou. Trots Suid-Afrikaans.

Van versies tot vol maaltye – altyd gereed wanneer jy is.

Lekker, betroubare kos wat nie die beursie straf nie.

Ons sluit varsheid en gehalte in elke blikkie toe.

Sedert ek skool verlaat het, was ek ’n smous. Dit is in my bloed. En letterlik ook. My Pa het my vertel dat sy Oupa Grootjie ’n transport ryer was. Dit is my roeping en my nis in die lewe, om aan mense produkte te kan verskaf teen ’n “Bargain”. Daarom is my webtuiste soos ’n “factory shop” waar ek direk by fabrieke koop. Produkte wat dalk beskadig mag wees, maar die inhoud daarvan is 100%. Ons voeg gereeld nuwe produkte by ons katalogus. So loer gerus in van tyd tot tyd, en moenie vergeet om ons te volg op TikTok en Facebook nie. Vasbyt Smousery is ’n gesinsbesigheid. Dit is ek, Fanie, en my vroutjie Maria se besigheid, en ons sal graag julle ondersteuning wil geniet.
Kies gerus enige van die bogenoemde skakels waar jy jou opsie kan kies. Daarna sal dit jou vat na die transportgedeelte waar jy kan kies of jy by jou naaste locker, by jou huis, of by jou werk afgelewer wil hê.
Vasbyt groete
Fanie en Maria Koekemoer
…oja, en ou Marmite — moenie van Marmite vergeet nie… Hy help ook.
Since leaving school, I have been a trader. It’s in my blood, quite literally. My father told me that his grandfather was a transport rider. This is my calling and my niche in life: to provide people with products at a “bargain” price. That is why my website operates like a factory shop, where I buy directly from factories. Some products may have damaged packaging, but the contents are 100% intact. We regularly add new products to our catalogue, so feel free to check in from time to time, and don’t forget to follow us on TikTok and Facebook. Vasbyt Smousery is a family business. It is run by myself, Fanie, and my wife Maria, and we would truly appreciate your support.
You are welcome to choose any of the links above to select your option. You will then be taken to the delivery section, where you can choose whether your order is delivered to your nearest locker, your home, or your workplace.
Vasbyt greetings
Fanie and Maria Koekemoer
…oh yes, and old Marmite – don’t forget about Marmite… he helps too.